Krieketspanne van Nellies kook die seisoen
Uit die sewe krieketwedstryde wat Laerskool Nelspruit se spanne gespeel het, was hulle in ses aan die wenkant.
Die o/9A’s het in ‘n naelbytstryd met twee lopies teen Nelspruit Primary afgereken.
Die o/10’s het Laerskool Lydenburg met 10 lopies uitgestof terwyl die o/11’s ook kragte teen Lydenburg gemeet het en met drie paaltjies koning gekraai het.
Lees ook: Laaste bietjie krieket voor die vakansie aanbreek
Lydenburg se o/12’s moes ook teen Nellies met 58 lopies die knie buig.
Nellies se o/13B’s het teen Riverview se o/13A’s te staan gekom en met twee paaltjies as wenners van die veld af gestap. Net die o/11B-span van Nellies het in ‘n spanningsvolle kragmeting teen Riverview se o/11A’s met een paaltjie verloor.
Nelspruit se Chippo’s eerste krieketspan het Lydenburg met 88 lopies pak gegee.
Uitslae
• O/9A wen teen Primary met twee lopies
• O/10A wen teen Lydenburg met 10 paaltjies
• O/11A wen teen Lydenburg met drie paaltjies
• O/11B verloor teen Riverview se o/11A’s met een paaltjie
• O/12A wen teen Lydenburg met 58 lopies
• O/13B wen teen Riverview se o/13A’s met twee paaltjies
• O/13A Chippo’s-krieketspan wen teen Lydenburg met 88 lopies.
