Nellies wys vroeg hulle is ‘n krag in die swembad
Die tekens was verlede week by Hoërskool Nelspruit se interhuisgala daar dat die Nellies vanjaar 'n krag in die swembad gaan wees.

Die opgewondenheid was voelbaar toe die Trojane met 876 punte as die wenners uit die stryd getree het.
Die Spartane was tweede met 862 punte terwyl die Atheners die derde plek met 633 punte beklee het.
Die twee beste prestasies van die dag, volgens die Hytek-puntestelsel, is deur Jetro Piso en Lisa-Mari Drummond opgestel.
Lees ook: Swemmer het oog op glorie
Die o/14 victor ludorum is deur Giano dos Santos opgeraap, maar dit was ‘n taai stryd tussen Dos Santos en Robbie Drummond om dié titel te verower.
Die victor- en victrix ludorums:
• O/14 victrix – Tayla Kotzee
• O/15 victor – Jetro Piso
• O/15 victrix – Skye Munro
• O/16 victor – Shane Jonker
• O/16 victrix – Elzanie Rademeyer en Lauren Viljoen
• O/17 victor – Derek Shaw
• O/17 victrix – Liza-Mari Drummond.
