School sportSport

Swemmers laat die water spat by Komatipoort Akademie interhuis-gala

Leerlinge van Komatipoort Akademie kon verlede Dinsdag die Laeveldhitte ontduik danksy hulle jaarlikse interhuis-swemgala.

Komatipoort Akademie se jaarlikse interhuis swemgala het bestaan uit ‘n lywige program van 94 items en die leerlinge was vreeslik opgewonde om in die pragtige swembad in te duik.

Die tydbeamptes het ook gretig en opgewonde hulle sitplekke ingeneem en met die afskiet van die eerste item was almal in rep en roer om die swemmers in ouderdomsgroepe georden te kry.

Die swemmers is vanaf die pawiljoen deur klas- en spanmaats aangepor en die water het behoorlik gespat soos die vlinder-, bors-, rug- en vryslagdeelnemers ‘n plek op die podium probeer inpalm het.

Paulo Consalves was ongetwyfeld een van die sterre van die byeenkoms, aangesien hy in elkeen van sy items rekords verbeter het.

In die laaste item van die dag het die dogters en die seuns teen mekaar meegeding in ‘n aflos-resies.

Met die wegspring was die seuns voor, maar die meisies het hulle ingehaal en gedurende die wedren redelik ver voorgeloop. Die seuns het egter na aan die einde van die aflos die oorhand gekry en eerste die kant geraak.

Die top-drie deelnemers in elke item het medaljes en trofees verower, wat trots deur elke wenner ontvang is.

Die top-swemmers het die victrix en victor ludorum-toekennings ontvang vir uitstaande prestasies in hul afdeling en onderskeie items.

Victrix Ludorum

Hoërskool senior: Charissa Stander

Hoërskool junior: Tayla-Ann Clark

Laerskool senior: Zarlia Engelbrecht

Laerskool junior: Amé Bekker.

Victor Ludorum

Hoërskool junior: Paulo Consalves

Laerskool senior: Hanro van Heerden

Laerskool junior: Lourens Preller.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button