School sportSport

Drie swemmers van Nellies om dié seisoen dop te hou

Jimmy Munro het na afloop van Laerskool Nelspruit se Vodacom Interhuisswemgala nie net as die senior victor ludorum van die dag weggestap nie, maar met hierdie prestasie het hy ook 'n slimfoon van die hoofborg in sy sak gesteek.

In die vyf items waaraan hy deelgeneem het, het hy telkens eerste aan die muur geraak en so ook ‘n nuwe rekord in die 50m-vlinderslag opgestel.

Nicci Viljoen het vier nuwe rekords, behalwe in die 50m-vlinderslag opgestel en is na afloop van die dag as die senior victrix ludorum aangewys. Dié o/13-dogter het rekords in die 200m-individuele wisselslag (IM), 50m-rugslag, 50m-vryslag en 50m-borsslag verbeter. Viljoen het ook ‘n slimfoon van Vodacom ontvang.

Lees ook: Vier rekords spat in Nellies se swemgala

Vaughn van Zyl, seuns o/9, het met die junior victor-trofee weggestap met eerste plekke in die 25m-vry-, bors- en rugslag. Hy het ‘n tweede plek in die 100m-IM losgeswem en ‘n derde plek in die 25m-vlinderslag.

Sy spanmaat, Emma Snyman het die junior victrix-trofee omhoog gehou nadat sy ‘n eerste plek in die 25m-borsslag, ‘n derde plek in die 25m-rugslag en ‘n goud in die 100m-IM verower het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button