School sportSport

Atletieksterre bied kliniek aan

Talle afrigters en atlete wat deel van Suid-Afrikaanse, Afrika- en Wêreldkampioenskappe, Statebond- en Olimpiese Spele was, het ter voorbereiding van die seisoen, 'n kliniek by Hoërskool Rob Ferreira aangebied.

Altesaam 70 atlete van die provinsie het die kliniek bygewoon. Die spesialisafrigters het hul agtergrond met die atlete gedeel en motiveringpraatjies gehou. Kort atletiekkompetisies is na afloop van die week gehou.

“Wat die kamp spesiaal gemaak het, was “atletiek onder die sterre, saam met die sterre”. Dit was ‘n reusesukses en daar sal beslis in die nabye toekoms weer so ‘n kliniek aangebied word,” het die organiseerder Stefan van der Merwe gesê.

Verlede jaar se silwermedaljewenner by die SA Skole-kampioenskappe, Danel Bieldt, wat deesdae by Terseus Liebenberg – Sunette Viljoen, silwermedalje-wenner by die Rio Olimpiese Spele – se afrigter oefen, het ook die kliniek bygewoon,

Johan Botha, ‘n Suid-Afrikaanse middelafstandatleet en Leon Verster wat reeds 20 atlete vir die skole-kampioenskappe opgelewer het, het onderskeidelik die middel- en langafstand en diskus behartig.

Naelloopatleet, Carel van Wyk het sy eerste nasionale titel op die ouderdom van 35 in die 100- en 200m verower. Tobie Holtshauzen, wat ook onder Liebenberg oefen, het atlete met tegniek gehelp.

 

Lees ook: Rob spog vanjaar met vier atlete by SA’s

Holtshauzen het ‘n persoonlike beste afstand van 76,71m en het ook sy land in 2015 by die Afrika Spele in Brazzaville, Kongo verteenwoordig.

Bronsmedaljewenner van die 2000 Olimpiese Spele, Llewellyn Herbert was ook by die vyfdag-betrokke.
Hugo Badenhorst het terselfdertyd in elke item ‘n Atletiek Suid-Afrika (ASA) vlak 1- en 2-afrigterskursus aangebied. Dit was die eerste geleentheid sedert 2010 wat ASA ‘n kursus in die Laeveld aangebied het.

‘n Totaal van 116 het die vlak 1- kursus en 15 die vlak 2 geslaag. “Dit was die grootste kliniek wat Hugo nog aangebied het.” vertel Van der Merwe.

Dewald van Heerden (Afrika-juniorkampioen, 2009) was in beheer van die gewigstoot, Nick Maartins van hoogspring en Willie Gouws van verspring en driesprong.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button