
Net voordat Hoërskool Bergvlam se skuts na die Suid-Afrikaanse Luggeweerskietkampioenskappe na Hartebeespoortdam vertrek het, het die mediamentor, Joan van Tonder, dié boodskap aan die leerders oorgedra.
Vlammies het vanjaar sewe skuts gehad wat hulle provinsie verteenwoordig het.
Jacques-Louis Pretorius het ‘n voltal, 100 uit 100, in die sporter o/16-afdeling geskiet. Stephanie van der Merwe was deel van die o/16- en o/21-kombinasiespan wat ‘n silwermedalje verower het.

Mpumalanga het 77 skuts gehad wat deelgeneem het – die grootste in die provinsie. Naas Mpumalanga, was Wes-Gauteng met 49 skuts.
Hierdie skuts van Bergvlam het hulle provinsie verteenwoordig
Pistole
• Darno le Roux en Keke Makubela
Sporter
• Jacques-Louis Pretorius en Petri Visagie
• Johnny More
• Leoné Pretorius
Vere
• Stephanie van der Merwe.
