School sportSport

Robbies mik hoog, skiet raak

Zanté Bench het 'n sewende plek vir sporter o/16 uit 120 skuts behaal.

Hoërskool Rob Ferreira se Lee Buys het tydens die vakansie by die SA Skole-kampioenskappe algeheel vyfde uit 59 skuts in die o/14-sporter geëindig. In die spankompetisie het hulle ‘n silwermedalje verower.

Stephan Holtzhausen.
Stephan Holtzhausen.

In die drie posisionele kompetisies het Bench ‘n bronsmedalje teruggebring. Haar span het goud verower.

Om te bepaal watter provinsie as wenners uit die stryd tree, word die o/21-span se telling by die o/16- óf o/14-span gevoeg.

Franzel Theron.
Franzel Theron.

In hierdie kombinasie wen Bench en Stephan Holtzhausen (o/21) die silwermedalje.

Franzel Theron het algeheel 10de gekom en met hierdie prestasie spog sy met haar Nasionale Skole-skietkleure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button