School sportSport

Curro se sportspanne reis heinde en verre

Ses van Curro Nelspruit se netbalspelers het onlangs van 'n oefenkamp in Namibië teruggekeer. Louise du Plessis, voormalige Protea-afrigter, het die afrigtingsessies behartig.

Die dogters, Glory Ngwenya, Megan Pretorius, Thando Nkosi, Kabelo Meso, Wendy Nkosi en Mandisa Matthias, se vaardighede is tydens die sessies ingeskerp en daar is ook op posisionele spel gefokus.

Tydens die toer het hulle wedstryde teen hoërskole Windhoek, Walvisbaai Hoërskool en Pro-ed Akademie in Swakopmund gespeel.

Lees ook: Curro-tennisspelers is van top kaliber, binne en buite

Tesame met al die netbalvaardighede wat die dogters baasgeraak het, het hulle ook lewensverrykende lesse geleer en ‘n fantastiese ervaring in Namibië gehad.

“Die ekskursies op die see en die afgly op die duine, het dit ‘n toer gemaak wat die dogters nie sommer gou sal vergeet nie,” het afrigter Carla Ras gesê.

Curro se tennisspelers het aan ‘n toernooi by Sun City deelgeneem.

Lees ook: Curro holds first independent athletics

Vanjaar was 12 spanne, van tot sover as Kathu in die Noord-Kaap, by die toernooi betrokke. Die seuns sowel as die dogterspanne het algeheel derde geeïndig.

Die volgende seuns en dogters het Curro Nelspruit by Sun City verteenwoordig
Seuns
• Jarrod de Vos
• Thomas Clarke
• Jesse Streak
• Aslan Oelofse
• Ruan Pretorius

Dogters
• Kim Kerswell
• Marni Swart
• Janelle du Toit
• Lana Naude
• Tasneem Moola.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button