FeaturesInterhigh 2016: NewsLifestyleSchool sportSport

Interhoër trek ‘n nuwe baadjie aan

Sewe skole is volgende jaar die "planete" wat deel van die Laeveld se "Galaxy" gaan vorm.

Gasheerskool, Hoërskool Barberton, het Woensdag die 68ste Mediclinic Nelspruit Laeveld Interhoër Atletiek-planne bekendgemaak. Amper 3 000 leerlinge, 1 065 atlete en 1 802 toeskouers gaan Saterdag 18 Februarie 2017 deel van die atletiekskouspel vorm.

IMG_0091 (Small)

 

Barberton koppel volgende jaar se Interhoër aan ‘n tema. Deelnemende skole, hoërskole Nelspruit, Lydenburg, Barberton, Rob Ferreira, Bergvlam, Lowveld High en Penryn College, gaan nie soos in die verlede ‘n kreet hê nie, maar die dag gaan aan ‘n tema gekoppel word.

Lees ook: Lydies bied ‘n suksesvolle Interhoër-atletiekbyeenkoms aan

Barberton se Ulrich Prinsloo is die breinkind agter, “Lowveld Galaxy”.

“Star Wars – a force to be reckoned with. Dié gewilde rolprent is iets wat nie onbekend aan die leerlinge is nie en iets waaroor hulle opgewonde raak. Daar is soveel idees wat aan die tema gekoppel kan word en ons is nuuskierig om te sien waarmee die skole vorendag gaan kom,” het Prinsloo gesê.

tfa_poster_wide_header-1536x864-959818851016 (Small)

Die hoof, Pieter Ferreira het die hoofborg, Mediclinic Nelspruit vir hulle jarelange betrokkenheid bedank. “Dankie vir julle positiewe gesindheid teenoor die skole. Die dag gaan ‘n ‘galaxy’ van skole en ondersteuners wees wat bymekaarkom en teen mekaar meeding. Die konings en koningin, die bestes van die bestes wat tot die uiterste gaan veg,” het Ferreira gesê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button