School sportSport

Laerskool-atlete haal uit en wys by Prestige

Verskeie atlete het Saterdag tydens die Windowtec Awnings & Blinds Prestige-atletiekbyeenkoms by Laerskool Laeveld rekords verpletter.

Dit was egter Laerskool Clivia se Tabu Taderera wat met die spogpryse weggestap het.

Die 12-jarige het 941 ABSA-punte vir sy eerste plek in die hoogspring-item van 1,46m in sy sak gesteek. Hy het verder goue medaljes in die 100m (13,76sek), verspring (4,46m) en in die 150m (21,68sek) verower.

Hy is nie net as die topatleet van die veld gekroon nie, maar het ook die victor ludorum-trofee omhoog gehou.

Curro Nelspruit se Mariam Moshood (o/11) het ‘n nuwe tyd van 14,44sek in die rekordboeke in die 70m-hekkies geskryf.

DSC_0414

Sy het verlede jaar haar stempel in atletiekkringe afgedruk toe sy een van ses Curro-atlete was wat vir die Mpumalanga Kampioenskappe gekwalifiseer het.

Lees ook: Dié twee is Laerskool Laeveld se trots

Haar beste prestasie van die dag was egter in die verspringput met ‘n afstand van 3,69m wat 755 ABSA-punte werd was. Mariam het ook die topposisie op die podium in die 80m (11,88sek), 70m-hekkies (14,44sek), en hoogspring (1,27m) ingeneem.

Julia van Aardt (o/12), ook van Curro Nelspruit, het haar wenkultuur op die baan en veld voortgesit. Sy het 771 ABSA-punte in die hoogspring met ‘n hoogte van 4,05m ingesamel.

IMG_4024

Laerskool Malelane se Hope Madonsela het net-net aan die lat geraak en was tweede met ‘n hoogte van 4,04m.

Julia het ook ‘n eerste plek in die 1 200m en twee tweede plekke in die 150m-hekkies en 100m behaal. Die trofee vir die beste senior baanatleet is na afloop van die dag aan Julia toegeken en staan nou in Curro se spogkas.

Lees ook: Curro holds first independent athletics

Hope, wat as Lanies se beste atleet van 2016 aangewys is, het Saterdag die trofee vir die beste senior veldatleet ontvang.

• Victor ludorum – Tabu Taderera, Clivia
• Victrix ludorum – Mariam Moshood, Curro Nelspruit.

Beste senior veldatleet
Seun – Tabu Taderera, Clivia
Dogter – Hope Madonsela, Malelane.

Beste senior baanatleet
Seun – Sibanyoni Zimele, Lydenburg
Dogter – Julia van Aardt, Curro Nelspruit.

Best junior baanatleet
Seun – Randzu Mkhabela, Bergland
Dogter – Qhawekazi Mkhathwa, Malelane.

DSC_0412

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button