School sportSport

Kleingoed wys dis groot pret om Bergie Dwergies te wees

Om 'n Bergie Dwergie te wees is voorwaarlik 'n fees.

Dit het hulle bewys toe hulle behoorlik die pret in hul 2019 Pretdag gesit het. Die dag is Saterdag by die skool gehou. Nadat die Dwergies binne spanverband verskeie opwindende speletjies soos hindernisbaan, toutrek en krappie-sokker aangedurf het, het hulle heerlik onder die koeltebome saam met hul ouers piekniek gehou.

ALSO READ:Bergies se o/12-netbal stel hoë standaarde

Volgens die skool se woordvoerder, Marena Buitendag, is die doel van die dag dat ouers informeel met mekaar en hul kinders kan sosialiseer.

 

“Kinders ervaar ouerliefde deur die tyd wat hulle saam spandeer. Op hierdie dag het ouers hul tyd aan hul kinders gegee en aktiwiteite saam met hulle gedoen op ‘n lekker prettige manier,” het Buitendag gesê.

ALSO READ:Rob se skuts op pad na Engeland


Volgens haar was dit ‘n reusesukses “en ons kleuters se ogies blink as hulle daarvan praat”. Elke Dwergie het ook na afloop van die dag ‘n medalje ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button