Local sportSchool sport

IN FOTO’S: Laeveld-laerskole geniet suksesvolle interhuisatletiekdae

Die interhuise van dié skole was ’n reuse sukses, en die atlete het elke oomblik daarvan ten volle geniet.

Die Laeveld se somer is weer terug, en ná die groot hoeveelheid reën wat vroeër in Januarie geval het, kon verskeie skole nou hul interhuisatletiekdae aanbied aangesien hul velde en bane weer droog genoeg is.

Bergies gaan vir goud by Top 4-byeenkoms
Na die hewige reën wat die Laeveld die afgelope paar weke geteister het, kon Laerskool Bergland se Top 4-atletiekbyeenkoms uiteindelik op Donderdag, 22 Januarie, onverpoosd voortgaan.

Reeds vroeg in die jaar, met min oefening agter die blad, het die atlete getoon wat in hulle steek: hulle het moeiteloos oor die hoogspringlat gesweef en die 1 500 m met gemak kafgedraf. Die Top 4-byeenkoms is jaarliks ‘n hoogtepunt op die Bergies se atletiekkalender, en die kameraadskap en positiewe sportmansgees onder die atlete dra ongetwyfeld hiertoe by.

Dié skool se tema vir die jaar is nie verniet ‘gaan vir goud’ nie – goue karakters dra by tot goue prestasies! Dié byeenkoms was ook die perfekte voorsmaak vir die opkomende Laeveld Interlaer byeenkoms in Februarie. Neané Fourie was die junior victrix ludorum, Kaleb Smith die junior victor ludorum, Anieke Buck die senior victrix ludorum en Nkateko Mbombi die senior victor ludorum.

Glimlagte en gees die kenmerke van Nellies se interhuis
Laerskool Nelspruit het op 25 Januarie hul jaarlikse interhuis met groot sukses aangebied op ‘n kookwarm dag. Die interhuis was oorspronklik vir Saterdag, 24 Januarie, beplan, maar moes tot Maandag uitgestel word omdat die veld en baan na die swaar reën vroeër in Januarie nog te nat was. Maandag was daar egter geen teken van reën nie en het die son voluit geskyn.

Ondanks die hitte het die atlete vir opwindende atletiek gesorg, met verskeie nuwe rekords wat gebreek is. Liya Rosslee is as junior victrix ludorum gekroon en Tiaan Stoltz as junior victor ludorum. Vanessa Badenhorst het die senior victrix ludorum-toekenning ontvang, terwyl Stefan Augustyn as senior victor ludorum aangewys is.
Aan die einde van die dag is ‘n spesiale gr. 1-resies gehou, wat vir groot pret gesorg het.

Laerskool Laeveld se interhuis sorg vir groot pret
Laerskool Laeveld se interhuis is Maandag, 26 Januarie, by die skool aangebied nadat dit van verlede week uitgestel is. Dit was ‘n dag vol groot pret.

Die son het geskyn en die baan ordentlik uitgedroog. Ná Saterdag se Aurum Atletiekbyeenkoms was die Laeveld-atlete reg om mekaar die stryd aan te sê en goud na te jaag. Die gees was volop en elke atleet het die dag ten volle geniet. Die Valke het beide die geesbeker en die algehele atletiektrofee gewen. Miandi Bronkhorst is as junior victrix ludorum gekroon, Kenzo Usen as junior victor ludorum, Talia Barnard as senior victrix ludorum, en Nhlakanipho Mkhaliphi as senior victor ludorum.

Primary athletes shine bright at interhouse
Nelspruit Primary athletes finally had the chance to don their house colours and athletics kits during the school’s interhouse athletics event on Tuesday, January 26.

With great anticipation, the interhouse went ahead under the blazing Lowveld sun and perfect weather. The young athletes were determined to claim gold in every event and gave their best in each item. House Hamilton was the day’s winner, taking the athletics prize for their excellent performances. Naledi Mabuza was crowned junior victrix ludorum, Mikhenso Gumede junior victor ludorum, Lebo Ncobo senior victrix ludorum, and Ntando Ndlovu senior victor ludorum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button