Ontbyt saam met Annalise Wiid
Die NG Kerk Komatipoort nooi alle dames om saam met hulle op 26 Oktober om 09:00 saam met die spreker, Annalise Wiid te kom kuier. Annalise se musiek is net soos sy, eg en oortuigend want dit kom vanuit ’n eerlike plek, diep binne haar. Dis deurdag en deurleef. Sy sing liedjies en skryf graag stories …

Die NG Kerk Komatipoort nooi alle dames om saam met hulle op 26 Oktober om 09:00 saam met die spreker, Annalise Wiid te kom kuier.
Annalise se musiek is net soos sy, eg en oortuigend want dit kom vanuit ’n eerlike plek, diep binne haar. Dis deurdag en deurleef. Sy sing liedjies en skryf graag stories wat uit haar hart uit kom. Dit reflekteer die sweef- en die strompelkant van haar Christenwees. Daarom, glo sy, help dit ander mense op hulle geloofspad. Dit reflekteer ook God se onuitputlike genade en begrip vir ons. Daarom bemoedig dit nie net gelowiges nie, maar trek dit selfs ook ongelowiges nader na Jesus toe. Presies hoe dit gebeur, weet net die Heilige Gees.
Koste: R30pp wat ontbyt insluit
Tema: Driveway Diva’tjie
Plek: Komati Akademie se skoolsaal
Navrae: 013-793-7044 .
