EntertainmentLifestyle

Hoor meer oor Hartepad

Die skrywer, Gerrit Rautenbach kuier 30 Oktober om 18:00 by Olive Leaf Bistro, Steiltes-sentrum. Hy gaan bietjie meer oor sy nuwe boek, Hartepad, se reisverhale vertel. Rautenbach is ‘n onrustige reisiger, skrywer en fotograaf wat al op vreemde plekke soos die woestyn in Saoëdi-Arabië, onder die Charles-brug in Praag, bo-op Kilimandjaro en in die diep …

Die skrywer, Gerrit Rautenbach kuier 30 Oktober om 18:00 by Olive Leaf Bistro, Steiltes-sentrum. Hy gaan bietjie meer oor sy nuwe boek, Hartepad, se reisverhale vertel.

Rautenbach is ‘n onrustige reisiger, skrywer en fotograaf wat al op vreemde plekke soos die woestyn in Saoëdi-Arabië, onder die Charles-brug in Praag, bo-op Kilimandjaro en in die diep Namib geslaap het. Hy het al meer as 20 reise deur Afrika onderneem.

Hy was die eerste skrywer ooit om oor die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië te berig. Hy het die heel eerste Suider-Afrikaanse Avontuurgids saamgestel, was die stigtersredakteur van Mooiloop, het ‘n aanvallende boerbok in Malawi ore aangesit en op ‘n keer het ‘n olifant sy lemoene uit sy daktent gevreet terwyl hy besig was om ‘n storie, In die tent, te skryf. Deesdae bly hy saam met sy geliefde KTM-motorfiets in Stellenbosch.

Koste:R60pp.

Navrae: Bargain Books by 013-742-2375.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button