Vier fees saam met 7de Laan
Kom vier fees saam met 7de Laan tydens die bekendstelling van die nuwe kookboek, 7de Laan Vier fees. Dit vind op 9 November vanaf 12:00 tot 14:00 by I’langa Mall plaas. Die eerste kookboek was drie jaar gelede ‘n reusesukses. Die boek, in Afrikaans en Engels, was deel van talle Kers- en einde-van-die-jaar promosies deur …

Kom vier fees saam met 7de Laan tydens die bekendstelling van die nuwe kookboek, 7de Laan Vier fees. Dit vind op 9 November vanaf 12:00 tot 14:00 by I’langa Mall plaas. Die eerste kookboek was drie jaar gelede ‘n reusesukses. Die boek, in Afrikaans en Engels, was deel van talle Kers- en einde-van-die-jaar promosies deur verskillende handelaars. Ons weet hoe lief die mense van Hillside vir partytjies is, en dis alles hier: die resepte vir die safari-ete wat onlangs gebeeldsend is, Errol se 21ste verjaarsdagpartytjie, die verskillende karakters se gunstelinge wat hulle vir die Kerkbasaar gemaak het, en lekker rugby-kyk resepte vir die mans en dames soos gewys in die reeks.
