EntertainmentLifestyle
Mooi goeters vir Kersfees
Kom loer in en geniet plaaslike bekende kunstenaars se bekostigbare werke. Die Stoep Café van Komatipoort behartig die teetuin.

Daar word ‘n “Mooigoeters Kersmark” by Stellenrust Landgoed, 22km op die N4 na Malalane, gehou. Kom geniet jou Kersinkopies in die rustige plaasatmosfeer. Verskeie kunstige stalletjies gaan die alleroulikste ware aanbied en daar sal ook heerlike eetgoed te koop wees.
Kom loer in en geniet plaaslike bekende kunstenaars se bekostigbare werke. Die Stoep Café van Komatipoort behartig die teetuin. Bring die hele gesin.
Die mark sal Vrydag vanaf 11:00 tot 19:00 en Saterdag vanaf 09:00 tot 15:00 oop wees.
Navrae: Nicolene van der Merwe by 082-567-5817 of Nicolene.mooigoeters@gmail.com of Juliana Walters by 083-458-4797 of waltersjuliana@gmail.com
