EntertainmentLifestyle

Dis amper tyd vir Maroela Makiti

Sangers soos Bok van Blerk, Riana Nel en Mathys Roets gaan tydens die Maroela Makiti op 31 Januarie en 1 Februarie 2014 optree.

NELSPRUIT – Feesgangers kan uitsien na hope vermaak en talle stalletjies by die Maroela Makiti op 31 Januarie en 1 Februarie 2014. Dit word jaarliks deur die Nederduitsch Hervormde Kerk Nelspruit gehou en vind hierdie keer by Hoërskool Bergvlam plaas.

Op 31 Januarie gaan Evert Swart, DJ Ossewa, Jannie Moolman, Riana Nel en Snotkop die verhoog bestyg. Die volgende aand is dit Armand the singing cowboy, Juba, Glaskas, Mathys Roets en Bok van Blerk se beurt om voete aan die dans te kry.

Kinders sal die kans kry om na hartelus in die Happyland Amusement Park te speel, terwyl groot name in die skaatsplankbedryf vir geesdriftiges ‘n paar nuwe toertjies gaan wys.

Stalletjies word in agt verskillende afdelings opgedeel. Buiteluglaan gaan al die buitelug- en voertuiguitstallings bevat, die Liefdadigheidsirkel is spesifiek vir nie-winsgewinde organisasies, in Toys for Boys Avenue gaan gereedskap en ander speelgoed vir mans uitgestal word en Girls Corner sal grimering, klere en skoonheidsbehandelings hê. In Art & Crafts Crescent sal kuns- en stokperdjieprodukte uitgestal word, Technology Drive gaan die nuutste elektriesetoestelle en interessanthede bevat, Babahoofweg gaan babaklere, opvoedkundige speelgoed en ander babaprodukte bevat en Sportstraat is waar verskeie sportklubs uitstallings gaan oprig.

Daar is steeds stalletjies beskikbaar, met pryse vanaf R750 vir ‘n 3m x 3m-spasie tot R2 000 vir ‘n opelug 15m x 15m. Navrae: Hannes and Tilana de Wet op 082-852-3129 of maroelamakiti@gmail.com.

Die Maroela Makiti bied ook baie bemarkingsgeleenthede en benodig nog borge. Navrae: Mantione op 072-278-4526 of info@mbpromark.co.za.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button