EntertainmentLifestyle

Kleurfees by Lumberjacks vir vroue projek

'n Kleurfees vind Vrydagaand by Lumberjacks tydens die uitdunne van die Suid-Afrikaanse DJ Kampioenskappe plaas. Die eerste uitdunne het op 26 Julie in Gauteng (Krugersdorp, Pomona, Pretoria, en Fourways) plaasgevind.

‘n Kleurfees vind Vrydagaand by Lumberjacks tydens die uitdunne van die Suid-Afrikaanse DJ Kampioenskappe plaas. Die eerste uitdunne het op 26 Julie in Gauteng (Krugersdorp, Pomona, Pretoria, en Fourways) plaasgevind. Die streekskompetisie (Witbank, Nelspruit, Stellenbosch, Potchefstroom, Vaal en George) het op 30 Augustus afgeskop en die oudisies in die stede (Kaapstad, Bloemfontein, Port Elizabeth en Durban) het op 4 Oktober begin.

Nelspruit se top-DJ, Leonard Drake, is reeds deur na die half-eindstryd wat Saterdagaand in Krugersdorp plaasvind.

Vrydagaand gaan ‘n vriendskaplike skouspel wees, waartydens DJ Matthew vir ‘n uur die skare gaan vermaak, en daarna DJ Drake. “Elke halfuur gaan die skare die geleentheid kry om ‘n handvol gekleurde poeier in die lug te gooi. Dit is groot pret en met die ongelooflike verskeidenheid musiekstyle en professionele DJ’s, gaan dit ‘n onvergeetlike aand wees,” sê die organiseerder Madelein Watson.

Lady MaDnificent gaan ook ‘n snit of twee vir die skare speel. ‘n Groot deel van die inkomste gaan na die Project4Women Mpumalanga, wat deur haar geloods is. Dit beoog om minderbevoorregtes te help en dag vir dag die lewe van een persoon op te helder.

Dit gaan beslis die mees opwindende en kleurvolle fees wees wat Nelspruit tot dusver beleef het. Dit begin om 18:00 en toegangsfooi beloop R40pp, wat een sakkie poeier insluit.

Dié is ‘n nasionale kompetisie wat deur een van die grootste DJ’s in die land, DJ Dizzy aangebied word. Dean John Athienides word as Suid-Afrika se mees suksesvolle en talentvolle dans-DJ’s beskou.

Navrae: skakel 076-061-6000 of ladymadnificent@gmail.com

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button