EntertainmentLifestyleReviews

Dis hoe Jay rol

Die tweede snit is een wat in jou kop sal maal en een van die gunstelinge op die album.

MBOMBELA – Een van ons land se gewildste kunstenaars, Jay, se tweede album is op die rakke en dit beloof om sy grootste een ooit te wees. In samewerking met groot name soos Steve Hofmeyer en Lianie May is dit onmoontlik om nie die album te koop nie. Sy eerste een was n reusesukses, met twee SAMA-toekennings is hy n krag om mee rekening te hou. Sy tweede album, Dis hoe ons rol, is elektries en uniek met 10 treffers.

Jay kon nie ‘n meer gepaste openingsliedjie soos “Dis hoe ons rol” gekies het nie, “Twee warm arms om aan vas te hou, twee donker oë om mee te staar na jou…” Die tweede snit is een wat in jou kop sal maal en een van die gunstelinge op die album. Dit handel oor die liefde tussen twee mense. Obessie, nommer sewe, sal enige aanhanger op sy voete hê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button