Elvis Blue neem aanhangers op nostalgietoer
Blue nooi sy aanhangers uit om foto’s van hul jong dae aan hom te stuur. Blue sal ook die mooiste foto’s self uitsoek wat hy op sy Facebook blad sal insluit.
Onthou jy toe jy nog jonk was. Watter kosbare herrineringe staan vir jou uit en hoekom is dit belangrik om te onthou?
Dit is die vrae wat die bekroonde musikant, Elvis Blue aan sy aanhangers vra, met sy nuutste bemarkingsveldtog wat hy onlangs op sosiale media geloods het. Blue nooi sy aanhangers uit om foto’s van hul jong dae aan hom te stuur. Blue sal ook die mooiste foto’s self uitsoek wat hy op sy Facebook blad sal insluit.
Elvis Blue behou ’n noue band met sy aanhangers en dit blyk dat dit net sterker raak met hierdie veldtog vir sy nuutste enkelsnit, “Toe ons Jonk was: vanaf sy derde album Afrikaans. Hierdie album het ook slegs twee maande nadat dit uitgereik is, goue status bereik.
“Ek het die veldtog begin omdat Facebook en Twitter die platform is om met jou aanhangers te kommunikeer. Ek dink terug na my eie kinderdae waar die grootste ding was om net ’n meisie se hand te kon vashou. Dit was goed genoeg. My kinders is nou my inspirasie. Daar is soveel herinneringe en ek wil he mense moet hulle met my deel.
Volgens Blue wil hy aanhou om in Afrikaans te sing en gaan ook sy vierdie album in sy moedertaal uitbring.“Ek is lief daar voor om in Afrikaans te sing en ek geniet dit om myslf in my moedertaal uit te druk want dit is wie ek is,” sê die voormalige SA Idols wenner.
Volgens Elvis Blue dink baie musikante dat Suid-Afrika net ’n “stepping stone” vir groter dinge in die buiteland is.
“Suid-Afrika en sy mense behoort musikante se algehele doelwit te wees. Hierdie land het soveel talent en dit mense wil dit hoor, dit moet met hul praat. Dit is ’n wonderlike plek om musiek te maak.”
Aanhangers word genooi om by die projek betrokke te raak en hul foto’s na jonk@theprcollective te stuur. Aanhangers kan ook vir Blue op op Facebook tag en hom twiet by @elvisblue. Gebruik die #Toeonsjonkwas hutsteken.
Die kompetisie sluit vandag.
