FeaturesLifestyleProHabitat

Gaste kuier al te heerlik tydens spoggerige tee

Laevelders het hulself onlangs terdeë geniet tydens ‘n spog-geleentheid by Oliver’s Restaurant naby Witrivier.

Die Hats and Gloves High Tea is deur Re/Max Lifestyle Estate in samewerking met die regsfirma Seymore Du Toit Ingelyf, aangebied. Sakelui en inwoners van Mbombela en omgewing het die funksie bygewoon.

Hoogtepunte was optredes deur die gewilde sangeres, Helena Hettema, asook Steven Cowley van Blue Pearl Workshop wat gefokus het op die tema “Healing inner pain, releasing life”.

Die ontwikkelaars van Kiaat Ridge-landgoed, asook Elsabé Basson en Martie Botha van Re/Max Lifestyle Estate, het ‘n prys van R20 000 geborg vir ‘n potensiële koper by Kiaat Ridge.

Eunanda Fourie Ingelyf, eiendoms-oordragprokureur vir die Kiaat Ridge-ontwikkeling, het as bonus 100% afslag op oordragkostes vir die suksesvolle koper gegee.

Bella en Sam Zwane, medestigter, asook Thys Ellis van Kiaat Ridge Privaat Hospitaal, was teenwoordig. Die hospitaal was hul droom sedert 2006 en het onlangs eindelik sy deure geopen.

Die geleentheid was ’n groot sukses met heerlike kos en goeie samesyn. Sinday McAlphine, Bongi Gondwe en Eunah Khoza is as die bes geklede vroue aangewys en verskeie ander gaste het pryse in gelukkige trekkings losgeslaan.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button