EntertainmentLifestyle

Opkomende jong sanger stel eerste enkelsnit vry

Pieter Steyn se liedjie "Alles is beter" is nou beskikbaar.

Pieter Steyn (28) besef dat daar baie kompetisie in die musiekbedryf is en dat dit harde werk verg om bo uit te kom.

Maar die dag wat sy passie sy werk is, en dit dus nie meer werk is nie, is nader as ooit met die onlangse bekendstelling van sy eerste enkelsnit.

Pieter is gebore in George. Hy het aan Hoërskool Quteniqua gematrikuleer voor hy homself bekwaam het as ‘n tegniese adviseur in die veevoer bedryf by Boland College in Stellenbosch. Hy het op laerskool koor gesing, maar op hoërskool eerder op sport gefokus.

“Om koor te sing is maar ‘n bietjie anders as wat jy saam met jou pelle om die kampvuur sit en sing. Dit kan partykeer so ‘n bietjie vervelig raak,” lag hy nou.

Hy het aangehou om by sosiale geleenthede te sing en stelselmatig meer selfvertroue ontwikkel.

  • LUISTER na ‘n deel van “Alles is beter”:

 https://soundcloud.com/starburstpromotions/pieter-steyn-alles-is-beter-teaser

Sy liefde vir sang het net meer geraak, maar hy het nie geweet waar om te begin om die regte geleenthede te kry om die industrie te betree nie. Dit was totdat hy vir Hugo Ludik, stigterslid van die bekende pop groep ADAM en ook eienaar van Muse Productions ontmoet het.

“Nie net is Pieter plat op die aarde en nederig nie, maar lanklaas het ek iemand so passievol oor musiek teegekom,” sê Ludik. “En hierdie passie, saam met sy rou talent, is duidelik te hoor in hierdie produk.”

Die uiteinde was twee splinternuwe liedjies wat sy stem soos ‘n handskoen pas uit die penne van Ludik en Vaughan Gardiner. Die eerste van die twee, “Alles is beter” is landwyd goed ontvang toe dit in Augustus aan radiostasies vrygestel is. 

  • Pieter deel vier van sy gunsteling dinge:

Kos:                               Pizza

Sanger/Sangeres:      ADAM, Coleske, Jay (Eden), Riana Nel, One Republic, Daughtry, Lady Antebellum

Rugbyspan:                  Stormers

Tydverdryf:                     Om golf te speel en saam met vriende te braai, te fliek en sport te beoefen.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button