EntertainmentLifestyle

Universal-platemaatskappy raap nuwe Afrikaanse rockers op

Dié plaaslike groep gaan binnekort op die groot verhoog verskyn.

Die nuwe “rock” groep, Nagligte, het vroeg in September 2015 hulle eerste enkelsnit en liriekvideo Dit Stop Nou bekendgestel.  Die reaksie vanaf media en die publiek was oorweldigend en binne slegs ‘n paar weke ná die uitreiking het hulle die aandag van een van die méés gesogte platemaatskappye in die wêreld getrek.  Universal Music Suid-Afrika het nie gras onder hulle voete laat groei nie, dadelik die talent raakgesien en hierdie nuwe rockers opgeraap!

Die drie lede, Jacobus (Roof) Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniel (Eddie) Brink (dromme) het verlede week na Johannesburg gereis waar hulle die amptelike kontrak met dié gesogte Platemaatskappy onderteken het.

Ons is baie opgewonde om met die ouens van nagligte te werk. Ons het ‘n goeie, kontroversiële Afrikaanse rock-groep gesoek en Nagligte het al die vereistes voldoen,” het Universal se hoof, Kevin Grenfell, gesê.

Ons beskou dit as ‘n groot eer en voorreg om saam met Universal Music Suid-Afrika te kan werk.  Ons is opgewonde om al van vroeg af die pad met hulle te stap en baat te vind by hul ervaring, eindlose hulpbronne en entoesiasme vir Afrikaanse Rock musiek. Daar is groot planne vir Nagligte en ons sien uit om saam suksesvol te wees en saam Afrikaans te laat rock,het Roof Brink van Nagligte gesê.

Die debuut-album word gedurende November 2015 uitgereik.  Die amptelike bekendstelling van die album sal by Weiveld plaasvind op 25 November 2015. Besoek www.weiveld.co.za

Volg Nagligte hier:

Facebook:  https://www.facebook.com/nagligte-1505483156384467/timeline/

Twitter:  @nagligte

Webtuiste:  www.nagligte.com

Kyk die Liriekvideo hier:   https://www.youtube.com/watch?v=yAQGdUYtmrQ

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button