Lifestyle

Fiktiewe verhaal oor boeremense trek ‘n vol saal

Kanaän, die vertellinge van 'n kombinasie van vier kortverhale, het verlede Vrydagaand 'n stampvol Bonaparte-teater by die De Ark gelok.

LYDENBURG – Kanaän, die vertellinge van ‘n kombinasie van vier kortverhale, het verlede Vrydagaand ‘n stampvol Bonaparte-teater by die De Ark gelok.

Die gehoor kon hulself inleef in die voorlesing van dié verhale deur Carina Venter, wat na elkeen met gepaste tradisionele countrymusiek van Chris de Jager en Nicolene Breytenbach, lede van Die Laevelder, ‘n country- en boeremusiekorkes, afgewissel is.

Kanaän is spesifiek deur Vickey de Jager vir die De Ark-fees geskryf. Die verhaal handel oor die plaas Kanaän toe die eerste Marais (Marthinus) saam met Andries Hendrik Potgieter omtrent in 1840 in Ohrigstad aangekom het, tot vandag.

‘n Groot deel van die storie het op die geïdealiseerde eenvoudige leefstyl van ‘n boer gefokus.

Die eerste verhaal is dié van Marthinus, die eerste eienaar van Kanaän; die ander drie handel oor die sesde geslag Marais’s, die keuses wat hulle gemaak het en die kontras tussen vandag se waardes en dié van hulle voorsate.

Die verhaal eindig waar hulle van Kanaän afskeid moet neem,” vertel De Jager. “Die plek Kanaän en die Marais’s is ‘n plek en mense wat net in my verbeelding bestaan,” sê sy.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button