EntertainmentLifestyle

Len Muller en Stef Bos sing Sarie Marais

Ek het nog altyd voel die storie en lirieke van die lied praat van meer emosie as wat die traditionele melodie kommunikeer

Len Muller se debuut album Doodgewone Avontuur is vroeg in 2015 uitgereik en met liedjies soos “Smag na jou” en “Iets om in te glo”  het hy dadelik die aandag getrek!  Hierdie liedjies kan gereeld op radiostasies reg-oor Suid-Afrika gehoor word en pryk ook op van die mees gesogte trefferparades in die land.

Nou, gedurende Oktober 2015 verras Len weer!  Die keer saam met die gewilde Stef Bos.  Len het vir een van die mees bekendste Afrikaanse liedjies “Sarie Marais”, ‘n nuwe baadjie aangetrek en Stef het ‘n vers bygeskryf.

Len vertel: Van kleins het ek en my boetie gereeld na Jim Reeves se plate geluister op die plaas. So het ons die lied ‘Sarie Marais’ leer ken en gereeld saamgesing. Dit was eers later toe ek my eie liedjies begin skryf het dat ek my eie verwerking wou doen vir die liedjie. Die groot rede hieragter  is dat ek nog altyd voel die storie en lirieke van die lied praat van meer emosie as wat die traditionele melodie kommunikeer. Daarom het ek ook vir Stef Bos gekontak en gevra of hy saam met my sou werk aan die lied. Ek is al lank ‘n aanhanger van sy musiek omdat dit soveel emosie dra. Dit was ‘n droom wat waar geword het toe hy instem om saam met my te werk en toe sommer ‘n pragtige vers bygeskryf het vir die lied.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button