EntertainmentLifestyle

Kom makietie saam by die Witrivier Rugbyclub Musiekfees

Met musikale vermaak, hope stalletjies en TV's om die eindstryd van die Rugby Wêreldbeker op dop te hou beloof die Witrivier Rugbyklub Musiekfees op 31 Oktober om 'n wonderlike kuier-geleentheid te wees.

Die eerste Witrivier Rugbyklub Musiekfees vind op 31 Oktober van 11:00 tot laat by die Witrivier Rugbyklub plaas.

Daar gaan agt kunstenaars gedurende die fees optree: Taboe en vriende, Ivan, Mona Lee, Ethiene, Celest en Blackie Swart.

Feesgangers sal tussen stalletjies met kos, handwerk, juwele, klere en lekkergoed kan snuffel. Daar gaan ook tafels met kleurkryte, springkastele, ‘n veilige fietsbaan (bringe eie fietse) en hope ander vermaak vir die kleingoed wees.  Daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.

Stalletjie-houers kan steeds ‘n plekkie bespreek teen R100, wat toegangkaartjies vir 2 persone insluit.

Daar sal ‘n VIP-tent wees, waar persone ‘n tafel vir 10 teen R2 500 kan bespreek. Dit sluit 2 kosplatters en 10 toegangskaartjies in en die tafels sal deur kelners vir die kroeg bedien word. ‘n Beperkte aantal tafels is beskikbaar.

Toegang: R30 per persoon, laerskoolkinders gratis.  Kaartjies is beskikbaar by die Witrivier Rugbyklubkroeg, Hoërskool Rob Ferreira se kantoor of by die ingange van die feesterrein tydens die fees.

Die eindstryf van die Rugby Wêreldbeker sal op groot skerms in die VIP-tent, asook binne die klubhuis vertoon word vanaf 17:30.

Gazibos, sambrele, stoele en tafeltjies vir feesgangers sal op strategiese plekke op die terrein geplaas word.

Daar sal hope parkering wees, asook sekuriteitsbeamptees wat die perseel sal patroleer gedurende die fees.

Navrae: Michanne Kotze by 076-160-2336 of Susan Stoltz by 083-417-8704.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button