Kom makietie by die Rugbyklub
Kom kuier, koop en kyk rugby op groot skerm by die Witrivier Rugbyklub Musiekfees op 31 Oktober vanaf 11:00.

Die eerste Witrivier Rugbyklub Musiekfees vind op 31 Oktober om 11:00 by dié klub plaas. Daar gaan agt kunstenaars gedurende die fees optree: Taboe en vriende, Ivan, Mona Lee, Ethiene, Celest en Blackie Swart.
Feesgangers sal tussen stalletjies met kos, handwerk, juwele, klere en lekkergoed kan snuffel. Daar gaan ook tafels met kleurkryte, springkastele, ‘n veilige fietsbaan (bringe eie fietse) en hope ander vermaak vir die kleingoed wees. Daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.
Die wat stalletjies wil opslaan, kan steeds ‘n plekkie teen R100 bespreek, wat toegangkaartjies vir twee persone insluit. Daar sal ‘n VIP-tent wees, waar persone ‘n tafel vir 10 teen R2 500 kan bespreek. Dit sluit twee vleisskottels en 10 toegangskaartjies in en die tafels sal deur kelners van die kroeg bedien word. ‘n Beperkte aantal tafels is beskikbaar.
Toegang: R30 per persoon, laerskoolkinders gratis. Kaartjies kan by die Witrivier Rugbyklubkroeg, Hoërskool Rob Ferreira se kantoor of by die ingange van die feesterrein tydens die fees gekoop word.
Die eindstryd van die Rugby Wêreldbeker sal op groot skerms in die VIP-tent, asook binne die klubhuis vanaf 17:30 vertoon word. Gazebo’s, sambrele, stoele en tafeltjies vir feesgangers sal op strategiese plekke op die terrein geplaas word.
Daar sal hope parkering wees, asook sekuriteitsbeamptes wat die perseel gedurende die fees sal patrolleer.
Navrae: Michanne Kotze by 076-160-2336 of Susan Stoltz by 083-417-8704.
