Ontmoet vandeesweek se eisteddfodbeoordelaar
Pinto Ferreira is die beoordelaar van die dansafdeling van die Nelspruit Eisteddfod wat Maandag begin het.
Pinto Ferreira het sy loopbaan in die 1980’s as ‘n uitvoerende kunstenaar begin. Sy loopbaan het nie net in Suid-Afrika vlam gevat nie, maar ook op die internasionale verhoog.
Hy het in produksies in Singapoer, Maleisië, Italië en Frankryk opgetree.
Na sy sukses oorsee het hy na Suid-Afrika teruggekeer en hom op onderrig toegespits. Hy het sy honneursgraad in sielkunde verwerf asook ‘n diploma in uitvoerende kunste. Hierna was hy as lektor in die dans- en dramadepartement aan die Pretoria Technikon werksaam.
LEES OOK: Die 2018 Nelspruit Eisteddfod skop af

Ferreira en sy vrou het drie jaar gelede ‘n kollege vir die uitvoerende kunste gestig. Hier is hy die hoof van die skool sowel as die hoof van die dansdepartement.
Dié kollege is deur die Graduate Academy of South Africa geabsorbeer waar hy as hoof van die dansdepartement aangebly het. Hierna was hy ook die danshoof en lektor by Stagedoor Showbusiness Academy.
Ferreira is tans die besturende direkteur van Dance-Ed International en het hy sy doktorsgraad in uitvoerende kunste in 2017 verwerf.
Vandeesweek kuier hy in Mbombela waar hy as beoordelaar vir die dansafdeling van die Nelspruit Eisteddfod optree.
LEES OOK: Afrikaanse drama vier fees op eisteddfod verhoog
