EntertainmentLifestyle

Visuele kuns vier fees by die 2018 Nelspruit Eisteddfod

Die kategorieë waarvoor deelnemers kon inskryf, was fotografie, ontwerp en skone kuns, en elkeen van die afdelings het sy eie beoordelaar gehad wat 'n kundige op die bepaalde gebied is.

MBOMBELA – Die 2018 Nelspruit Eisteddfod was nie net gemik op die bevordering van uitvoerende kunste nie, die visuelekunsteafdeling het ook gesorg dat dié talent blootstelling kry.

LEES OOK: Eisteddfod 2018: All the world is a stage at the English drama category

Die hoof van hierdie afdeling, Tabita Sales, het bevestig dat hulle 324 kunswerke ontvang het waarvan 57 prestige-toekennings, 124 goud, 100 silwer en 43 brons ontvang het.

Celeste Schoeman, ‘n beoordelaar van skone kuns.

Volgens Sales is die kuns op 20 Augustus by hulle ingehandig en op 31 Augustus kon deelnemers hulle werke weer kom haal en na hulle punte kyk.

LEES OOK: Van klavier tot harp by vanjaar se eisteddfod

“Dit is ‘n reuseproses en die paneel beoordelaars is almal ervare kuns- en ontwerponderwysers of -dosente, asook ‘n fotograaf vir daardie afdeling,” het Sales gesê.

Karin Musica, ‘n beoordelaar van fotografie.

Vanjaar se tema was “Verandering” en deelnemers kon dit van enige hoek of kant benader.

Sales sê sy was veral beïndruk met skole soos KaMagugu. “Ons het baie mooi werk gekry van ‘n skool met kinders met spesiale behoeftes.”

Shani van der Hoven, ‘n beoordelaar van skone kuns.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button