Laevelders gaande vir Steve Hofmeyr
Die legendariese Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr, se ter plaatse optrede het teen die tyd al 'n jaarlikse instelling geword.

MBOMBELA – Vanjaar was sy vierde besoek aan die dorp en hy het Donderdagaand musiekliefhebbers op die grasperk by Zweelo’s-restuarant vermaak.

Twee plaaslike kunstenaars, Jason-Lee en Long John het voor Hofmeyr opgetree. Dié het verseker dat die gehoor se energievlakke hoog was voordat hy die verhoog betree.

Hy het die vertoning geopen met sy nuutste treffer “Feeslied” en die gehoor het soos een man begin saamsing.

LEES OOK: Hewige reaksie na Innibos Steve nie weer nooi
Die saamsing het selfs meer geword toe Hofmeyr met van sy ouer treffers soos “Agter Elke Man” en “Liefling” wegtrek. Tydens die konsert het hy ook onthul dat hy tans besig is met nog ‘n country-album wat teen Kersfees op die rakke sal wees.

“Die terugvoer is elke jaar ongelooflik goed. Selfs Steve het gesê dat hy die aand baie geniet het,” het Vanessa Roets gesê. Sy en haar vennoot, Liz Bartie, maak seker dat Laevelders jaar na jaar ‘n vertoning van Hofmeyr kan geniet.

“Ek kan net dankie sê aan almal wat betrokke was. Dit was ‘n heerlike aand.”
LEES OOK: Innibos committed to South Africa
https://www.facebook.com/lowvelder.co.za/videos/1874859285955365/
