EntertainmentLifestyle

Die Konsert Huiz bied nuwe Kersproduksie aan

Die Kersproduksie vind op 4 Desember plaas.

MBOMBELA – Van volgende maand af spog Konsert Huiz nie net met ‘n splinternuwe produksie nie, maar ook met ‘n splinternuwe venue.

Dié plaaslike teatergroep noem deesdae A Bica-koffiewinkel hulle tuiste en sal voortaan hulle vertonings daar aanbied.

Teatergangers kan ook daarna uitsien om hul Kersproduksie, Musiek, Liriek en Digkuns, op 4 Desember by dié lekker kuierplek te sien.

Henry-John Williams, een van die oorspronklike meesterbreine agter die Konsert Huiz, sê hulle het in die bietjie meer as ‘n jaar wat die groep bestaan, talle navrae gehad vir oorspronklike werk. Hy het self die pen opgetel en voor die klavier ingeskuif om die Kerskonsert die lig te laat sien.

LEES OOK: Uitvoerende kunste kry nuwe verhoog in die Laeveld

Die plaaslike nagtegaal Anne-Mari White gaan hierdie oorspronklike liedere sing en die immergwilde digter, Annemarie van der Walt gaan die oorspronklike digkuns voorlees.

Teatergangers kan dus ‘n opwindende aand ter viering van die kunste verwag. Kaartjies vir die konsert kos R100 per persoon wat ‘n ligte aandete insluit en die konsert begin 18:30.

Vir besprekings en navrae kan Williams gekontak word by diekonserthuiz@vodamail.co.za of by 082-559-9893

LEES OOK: New event introduced to cater for Mbombela’s cultural community

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button