Ondersteun Hoërskool Lydenburg se boogskietklub
’n Nuwe iPhone 15 is op die spel as ’n prys vir die fondsinsameling!
Sowat 31 skuts van Hoërskool Lydenburg se boogskietklub het na die interprovinsiale boogskietkampioenskappe, Oktober in Gauteng, deurgedring.
Dié skool se span is as die span van die jaar aangewys, ná die Mpumalanga-boogskietkampioenskappe op Lydenburg vroeër in Augustus.
Om fondse in te samel wat onder meer die skuts se reis- en verblyfkostes sal dek, bied die skool ’n kompetisie aan. Deur ’n kaartjie van R100 te koop, staan jy ’n kans om ’n splinternuwe iPhone 15 te wen. Koop twee kaartjies en kry die derde een gratis.
Lees ook: Nuwe toernooi bring binnekort hope rugbyaksie na die Laeveld
Die bankbesonderhede vir die aankoop van die kaartjies is by die skool beskikbaar, en op die skool se Facebook-bladsy. Kaartjies kan tot 27 September om 17:45 gekoop word, en die wenner sal om 18:00 getrek word.
Die skool bedank die MJD Group vir die skenking van die iPhone 15, wat die fondsinsameling moontlik maak.
