Annatjie Myburgh: So het geliefdes buite die hof gevoel

Hofverrigtinge het in camera geskied.

WHITE RIVER – ‘n Groep van me. Annatjie Myburgh se geliefdes is gister gevra om die hof te verlaat voor die tweede verdagte in die Myburgh-saak verskyn het.

Hy word daarvan aangekla dat hy me. Myburgh Woensdagoggend ontvoer en beroof het.

Lees hier meer oor die vier dae soektog wat van stapel gestuur is nadat sy vermis geraak het.  Die soektog het tragies geëindig toe haar lyk Sondagoggend gekry is.

Twee mans is in verband met Woensdagoggend se voorval aangekeer, waarvan een Maandagoggend in die Witrivier Landdroshof verskyn het.

Die tweede verdagte het gister verskyn.

Myburgh se geliefdes het baie emosies beleef en die feit dat hul die tweede beskuldigde nie kon sien nie, het ook ‘n invloed op hulle gehad.  Mnr. Bruce Macaulay het uitgebrei op die warboel van emosies wat die groep ervaar het terwyl die beskuldigde in camera verskyn het:

Back to top button