NewsBreaking News

Video: Middelburg binnekort op kykNET!

Die tyd het Vrydag eindelaaste aangebreek vir die skiet van die promo-insetsel van Middelburg vir die kykNET kanaal.

Middelburg is aangekondig as vanjaar se kykNET Kwêla Dorp van die Jaar, en met die titel, het die dorp vir homself R1 miljoen se bemarkingswaarde op kykNET losgeslaan.

Die Homebrew-span, gelei deur die skone Therese Benade, het Vrydag kort voor 09:00 in die wendorp aangekom, waar hulle die naweek sal spandeer om die 30-sekonde advertensie van Middelburg, wat gereeld op kykNET uitgesaai sal word, sal skiet.

Die Middelburg Observer het ’n spesiale bylaag vir die geleentheid uitgebring, wat Vrydag gedruk is as inleiding van die advertensie.

Vandaar is die filmspan op die Loskop Toerismeroete geneem vir skote van die asemrowende natuurskoon.

’n Spesiale bid geleentheid vir Middelburg, tydens sonsopkoms Saterdag, is ook gereel.

Hou gerus die kykNET kanaal dop vir dié eenkeer-in-’n-leeftyd skouspel, soos Middelburg nog nooit gesien is nie!

• Kyk gerus na ’n video van die verfilming van die kykNET insetsel oor Middelburg, die Dorp van die Jaar, op www.mobserver.co.za

Video: Frewin’s got that voting for Middelburg fever!

Video: Middelburg Kwêla dorp van die jaar!

Vote, Vote, Vote for Middelburg town of the year!

Video: Dorp Kwêla toe

Optog deur dorp

Video: Optog deur dorp van die jaar!

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button