News

Rower druk wapen onder reaksielid se ken

Terwyl rowers die bekende Lion Kelders beroof het, het ’n reaksielid van Mid Alarms ingestap en hy is ook oorval en van sy wapen beroof.

Dit is die soveelste roof in die afgelope paar maande wat net voor sluitingstyd by ’n besigheid op die dorp plaasvind.

Na wat verneem word het ses mans ongemerk omstreeks 17:45 by die drankwinkel ingestap en gemaak asof hulle kliënte is. Omdat die drankwinkel besig was, het niemand aanvanklik agtergekom iets is verkeerd nie.

Een van die rowers het skielik sy wapen vir ’n ’n kassier gewys en beduie hy moet die kasregister leegmaak.

Lees ook: Man doodgeskiet tydens gewapende roof in die Toscana winkel, Mineralia

Kort daarna het die ander booswigte wapens uitgepluk en die kassiere gedwing om al die geld wat in die kasregisters is in die plastieksakkies, waarin kliënte se inkopies gewoonlik gepak word, in te gooi.

Vir die verskrikte kliënte is daar geskree: “sit down!”, sommige het op hul knieë gaan staan en ander gebuk.
Van die kliënte het ook gesien hoe van die rowers hul wapens oorhaal.

Wat almal dronkgeslaan het, is dat die boewe toegelaat het dat nóg kliënte inkom en as hulle binne is, vir hulle gewys om eenkant te gaan staan.

Lees ook: Vier roof terwyl man in winkel dood lê

Die boosdoeners het agtergekom daar is nie baie geld in die kasregisters nie het en een van die personeellede gedwing om te wys waar nog geld is.
In die deurmekaarspul is die paniekknoppie gedruk.

Een van die reaksielede van Mid Alarms het hom na die toneel gehaas en aangeneem die rooftog is verby, aangesien daar nog so baie mense in die winkel was.

Die oomblik toe hy by die deur kom, het een van die rowers van agter af op hom toegesak, ’n wapen onder teen sy ken gehou en hom gedwing om sy wapen aan hulle te oorhandig.

Lees ook: Supermarket owner shot in leg during brazen daylight attack

Hy is ook aansê om by die kliënte te gaan staan.

Nadat die rowers tevrede was met hul buit, het hulle vir ál die kliënte gesê hulle moet vat wat hulle wil in die drankwinkel.
Dié wat dit nie wou doen nie, is gedwing om artikels op die rakke te vat.

Daarna het hulle vir die kliënte gesê om stadig saam met hulle uit te beweeg, waarna hulle in ’n blou BMW sonder nommerplate gespring en weggejaag het.

•Sekondes nadat die rowers gevlug het, het ’n tweede reaksielid van Mid Alarms op die toneel aangekom. Hy was besig by ’n ander alarm en het vandaar na Lion Kelders gejaag.

Lees ook: Armed robbery at cafe

Mnr. Wessels sê hy is dankbaar sy tweede reaksielid het daar aangekom nadat dit verby is, want hy vermoed die rowers sou op hom losgebrand het as hulle gesien het daar is nóg lede van Mid Alarms.

•Kliënte het later gesê dat hulle uit die gesprekke wat die rowers met mekaar gevoer het, agtergekom het dat hulle Sotho en Zoeloe praat. Een van hulle kon moontlik ’n Mosambieker gewees het, aangesien hy Tsonga gepraat het.

•Die rowers is steeds op vrye voet.

 

 

 

Latest news by the Middelburg Observer:

Trok en lyke al paar dae in water

Mchunu makes brief court appearance, road closed by picketers

Prepaid meter software update to kick off before current system shutdown

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button