News

Gebed, hommeltuie, spoorsnyhonde – steeds geen teken van Mielie nie

Australiaanse beeshond al twee weke weg.

Nie ’n hartroerende smeekgebed, hommeltuie, spoorsnyhonde, helikopters of ’n soekgeselskap kon iets oplewer in die soektog na Mielie nie.

Kevin Ruthven van Kingdom Trails vertel dat daar weer oor die naweek gesoek is na sy boesemvriend-hond, Mielie, wat vandag vir twee weke weg is.

Die bekende storie van Bergloper en MielieBrood het duisende se harte aangegryp, en daar het oor die naweek ’n groep mense saamgekom om as ’n soekgeselskap, die Olifantsrivier se oewers te fynkam.

Deel van die soekgeselskap wat hierdie naweek na Mielie gesoek het.

Kevin sê dat die Clarice K9 eenheid wat verlede naweek gaan soek het na Mielie se spoor, hierdie naweek teruggekeer het.

“Die BackaBuddy profiel wat iemand vir my gestig het staan al op R35 000 en daar is reeds ’n hommeltuig aangekoop sodat ek meer intens deur die bos kan soek.”

Kevin vertel dat hy gaan aanhou soek en nog nie gereed is om op te gee nie.

Hy publiseer op ’n daaglikse basis smeekgebede vir Mielie op sy Facebook profiel, Bergloper en MielieBrood.

Hartroerende soektog na hond – ‘sonder Mielie is Brood net Brood’

Boodskappe uit Amerika en Turkye vir Mielie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button