News

Wielbende slaan weer toe

Die wielbende wat Middelburg vir jare treiter, het vanoggend in Dennesig toegeslaan en met buit van minstens R45 000 weg gekom.

Nicolette van Vreden sê dit is die tweede keer dat wiele by hulle gesteel is en vermoed hulle dat dit dieselfde bende is.

Die verdagtes het iewers tussen middernag en 04:00 by hulle erf in Kanonlaan toegeslaan en drie van hulle Land Cruiser se wiele gesteel.
Me. Van Vreden het die skade tussen R45 000 tot R50 000 geraam, en vertel dat die Land Cruiser sierwiele (mags) op het.

Die eienaars het minstens R50 000 se skade gely.

“Dis die tweede keer wat hulle by ons wiele steel. So drie tot vier jaar terug het hulle die wiele van my man se werksvoertuig ook afgesteel en ek vermoed dit is dieselfde bende, omdat die modus operandi presies dieselfde is. Ons plaveistene is uitgehaal en die voertuig is daarop gestaan en hulle het ook ons wielmoere agtergelaat.”

Sy vermoed egter dat iets die diewe moes gesteur het, omdat hulle net weg gekom het met drie wiele.

Nicolette vra dat inwoners op die uitkyk moet wees en haar kontak indien iemand met die spesifieke wiele opgemerk word.
Nicolette kan gekontak word by 083 678 8207.

Die spesifieke ‘mags’ waarnee die Cruiser toegerus was.

Die afgelope paar maande is talle wiele gesteel.

8 Maart

Vier wiele is van ’n werksbakkie afgesteel in Mineralia. Dieselfde metodes is gebruik en skade van R35 000 is berokken.

16 April

Op 16 April het die Middelburg Observer berig dat daar by vier huise in Uitbreiding 18 toegeslaan is.
Wieldiewe het die aand van 15 April by twee huise in Garnetstraat toegeslaan en twee aande voor dit by twee ander huise in dieselfde straat wiele gesteel.

18 April

Die wielbende het by die huis van stasiebevelvoerder, Brig. Thandi Jiyane, se huis in Kanonkop toegeslaan.

Die diewe het al vier wiele van haar Fortuner afgesteel, maar nadat hulle geluide gehoor het, het Jiyane se seun ondersoek ingestel.
Die wiele is gelukkig gevind waar die diewe dit in bosse op die erf versteek het.

14 Junie

Vier bande is in Jan Smutslaan (Dennesig) gesteel.

6 November

Twee verdagtes is in ’n erf in Joubertstraat betrap. Die diewe kon met twee wiele wegkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button