Observer Daller

Trokongeluk: Pad weer oop!

Excerpt: Die pad tussen Groblersdal en Tafelkop is weer oop vir verkeer na ’n trokongeluk op die Motetema-berg.

Die D1547 pad op Motetema-berg, tussen Groblersdal en Tafelkop, is weer oop vir verkeer nadat daar voeër vanoggend ’n vragmotor-ongeluk op die berg was.

Volgens Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, het die bestuurder omstreeks 11:00 beheer oor sy trok verloor.

Die pad was vir ure lank gesluit vir verkeer, sodat die toneel skoongemaak kon word. Diesel het op die pad beland.

  • Slegs die passasier in die vragmotor is beseer en is per ambulans na die naaste hospitaal geneem.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/observer-daller/2024/11/10/trokongeluk-pad-gesluit/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button