Observer Daller
Saak voorlopig teruggetrek teen man en stiefseun
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n hond op ’n sekuriteitswag losgelaat het, het gister weer in die hof verskyn.
Piet Groenewald en sy stiefseun, Stephan Greeff, het gister in die Groblersdal Landdroshof verkyn vir verhoor, maar is die saak voorlopig teruggetrek.
Die klaer en getuie in die saak was nie teenwoordig nie, en was die saak reeds twee maal tevore deur die hof gemerk vir finale uitstel.
Dus is die saak voorlopig teruggetrek. Dit is egter aan hulle gestel dat die staat die opsie het om die saak weer later te heropen.
Lees meer hier: Pa en seun gearresteer na honde-aanval op plaas
Lees meer hier: Groenewald en Greeff saak uitgestel vir verhoor
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
