Observer Daller

HBV blink uit by NWU semifinaal

Hoërskool Ben Viljoen se sportspanne wys hul staal op die groot verhoog tydens die NWU semifinaal in Volksrust.

Hoërskool Ben Viljoen se sportspanne het hul staal gewys tydens die semifinale rondte van die NWU Skolesportreeks, wat by Hoërskool Volksrust aangebied is.

Met sterk vertonings in hokkie, rugby en netbal het die Dallers hulself as gedugte teenstanders bewys en die skool se sportkultuur trots uitgedra – beide op en langs die veld.

Die hokkiespanne, veral die dogters, het beïndruk met vasberadenheid en goeie samewerking, terwyl die rugbyspanne fisiek en gefokus opgetree het in hul wedstryde. Op die netbalbaan het die spelers ook hul merk gemaak met deursettingsvermoë en spanwerk wat duidelik sigbaar was.

Alhoewel nie elke wedstryd in hul guns geëindig het nie, het die algehele prestasie van die Dallers gewys dat die skool se sportgees lewendig en groeiend is.

• Die volledige wedstryduitslae en artikel kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.

A field hockey player in a green and white uniform focuses intensely as she dribbles the ball with her hockey stick on a grassy field.
Jaydéne Cloete.
A female netball player in a green and yellow uniform leaps to intercept the ball. Background shows a blurred fence and spectators, conveying action and focus.
Danielle Wessels.
A netball player in a green and yellow uniform holds a ball, focusing intensely. Teammates and spectators are blurred in the sunny background.
Betty Magaela.

Lees ook: Pi-dag bring breinkrag na vore

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button