Observer Daller

Kyk: Roofvoëls sprei weer hul vlerke ná rehabilitasie

Twee roofvoëls wat beseer in Groblersdal gevind is, is ná rehabilitasie suksesvol terug in die natuur vrygelaat.

Twee beseerde roofvoëls wat vroeër vanjaar in dieselfde straat in Groblersdal gevind is, het ná maande van intensiewe rehabilitasie uiteindelik weer hul vlerke in die natuur gesprei.

Die verhaal van die Kaalwangvalk en die skaars Swerfvalk het groot belangstelling onder diereliefhebbers gewek, veral nadat albei voëls ernstige beserings opgedoen het en deur inwoners, die Vallei Dierefonds, die Loskop Dierekliniek en die Birds of Prey & Rehabilitation Centre in Dullstroom gered is.

A person in a blue sweater holds a fluffy, young eagle in a veterinary setting. The eagle looks forward with its beak open, conveying curiosity.
Die Kaalwangvalk wat in Groblersdal gered is. Foto: Janine Saayman.

Die twee dramatiese vrylatings – waarvan video’s onder hierdie artikel beskikbaar is – wys die emosionele oomblikke toe die roofvoëls uiteindelik terugkeer na die natuur ná hul merkwaardige herstel.

•Die volle verhaal oor die valke se redding, behandeling, rehabilitasie en uiteindelike vrylating kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.

Lees ook: Pellet gun leaves young hawk fighting for recovery

Lees ook: KYK: Tweede beseerde valk in Krugerstraat gevind

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button