R2 miljard-dwelmfabriek in Groblersdal: Saak weer eens uitgestel
Die vermeende R2 miljard-dwelmfabrieksaak is weer in die Groblersdal-landdroshof uitgestel.
Die beskuldigdes in die opspraakwekkende R2 miljard-dwelmfabrieksaak het Maandag, 4 Mei, weer in die Groblersdal-landdroshof verskyn, waarna die saak tot 29 Mei uitgestel is.
Jorge Humberzo Gonzalez, Alejandro Gutierrez Lopez, Roelof Botha, Simphiwe Melvin Khumalo en Ruben Vidal Rodriguez is op 19 Julie 2024 gearresteer, nadat die Valke ’n vermeende dwelmfabriek oopgevlek het.
Tydens die klopjag het ondersoekers beslag gelê op 408.95kg kristalmetamfetamien. Volgens die Valke word die totale waarde van die dwelmfabriek op sowat R2 miljard beraam.
Die saak is uitgestel na 4 Mei vir die uitslag van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) oor die vertoë wat deur die verdediging ingedien is.
