Om vrede te maak, of nie…?
We need to make peace with ourselves, my wise old owl of a mother said the other day. We rampage through our societies like the slavering Hounds of Hell, raping our women and children, stealing from one another, killing and murdering each other and disturbing the peace of saddened old men. We steal, and then …
We need to make peace with ourselves, my wise old owl of a mother said the other day. We rampage through our societies like the slavering Hounds of Hell, raping our women and children, stealing from one another, killing and murdering each other and disturbing the peace of saddened old men. We steal, and then we steal again. Corruption is fast becoming a national sport, and whistleblowers is turning into an endangered species, simply because they are frightened men and women who will not turn a blind eye to what is becoming daily excesses.
Have we become a nation of thieves? Do we steal simply because we can? We arrogantly ignore any rules and regulations if it does not fit us, and when we are caught, we indignantly turn to our accusers and say it is not our fault. “My father made me do it,” or “apartheid made me do it,” or “everybody is doing it, why not me?” We slobber and slurp at the troughs of capitalism in the Halls of Plenty, while our 4×4’s bake in the sun outside, and we wail and moan when we cannot get grants from the outside world, or we have to pay back what we loaned, and we snarl like rats at the pointing fingers of international commerce.
William Gumede, ‘n onafhanklike politieke kommentator en skrywer, striem vryheidsbewegings in Afrika in ‘n verbasende artikel in ‘n Suid-Afrikaanse Sondagkoerant hierdie week, wat my tot die slotsom laat kom dat nie alle swart politieke kommentators substansie kry deur sogenaamde wit vrese af te kraak of te beledig nie. Hennie Hayes, ‘n maat van my van baie jare, het gesê dat ons om ‘n tafel moet gaan sit en mekaar in die oë kyk. Dan moet ons mekaar vertel wat ons sien. Dan moet ons besluit of ons vir ons kinders wil vrede maak.
Hennie is besig om stadig dood te gaan aan mesotolioom, ‘n longkanker wat deur asbes veroorsaak word, en as sy behandeling nie werk nie, moet hy dit aan sy kinders vertel. Hoe maak jy vrede met so iets? Ons het nou die dag deur Oudtshoorn gery, op pad na die KNKK, daardie kunstefees van formaat. In Oudtshoorn het ek na die reste van Suidbasis gaan kyk, waar ek weer die donkies op die noordparadegrond kon hoor, en die olie in die menasies kon ruik. Ek kon weer vir korporaal Valentine hoor, en onthou weer die dae van vasbyt deur die Swartberge. Ek het langs al die padloperskilpadjies op die pad terug gestop, hulle opgetel en langs die pad neergesit sodat die karre hulle nie kon plattrap nie. Ek het vrede gemaak met Infanterieskool Oudtshoorn. Ek het vrede gemaak met Owamboland, ek het vrede gemaak met my ou fotoalbums en CD’s met songs op wat my wou laat huil. Ek het vrede gemaak met ysterkarre en die geur van oorlogstuig, en ek het vrede gemaak met affirmative action, ANC Today newsletters, Indian mynahs en die oorlog in Irak.
Beste van alles, ek het vrede gemaak met myself. Om een of ander rede kan ek weer die stilte hoor.



