Maters, tjomme, pelle, kamerade en nog wat…dis net nie meer dieselfde nie
Ons het Jasper-, Uile- en Trompieboeke gelees en uitgeruil, en ma het elke week vir ons die Vonk-tydskrif gekoop. Ek sal nooit die stories soos die Gevangene van Zenda, en die verhaal van die Titanic vergeet nie. Kry mens ooit nog eksemplare van die Vonk..?

Kan jy jou pelle in jou jong jare almal onthou? Die dae wat julle sulke jong laaities was wat nie geskeer het nie, en ook nog nie hare op alle plekke gehad het nie….?
Daai dae wat julle die strate vol was met julle Chopper bikes en daai nuwe dikwielfietse wat pa by die kooperasie gekoop het.
Ons het ook koerantroetes gehad. Ek het elke dag myle gery om my koerante te gaan aflewer in Windhoek, en het die prinslike bedrag van so R50 elke maand gekry. Ons het ekspedisies die berge in gereël, en ons het gate en grotte ondersoek, allerhande kreature met vier, agt, en soms meer, pote gevang.
Ons was so ‘n bende van tien, vyftien, wat een aand die strate ingevaar het. Jy was moeg gespeel met dryfings (Wie onthou dryfings nog) en nou het ons ‘n nuwe kattekwaad ontdek…gooi klippe op die huise se dakke.
Die grootmense was natuurlik nie beïndruk met ons nie, en toe ons weer sien, toe daal daai groot poelieswen op ons neer.
Pa het ‘n lang en hoogs speelbare terras voor in die tuin gebou, en dit het aanleiding gegee tot karretjies speel. Liewe ouers, ons het daardie dae toegang gehad tot wat ons Matchbox-karretjies genoem het, en menige laaitie het versamelings gehad wat dalk vandag geld werd kon gewees het.
Die manne het daai dae nog daai groot Ford F250 Custombakkies gery. Ons het natuurlik in alle rigtings uitmekaargespat, maar toe die “fuzz” een van ons vang, toe gaan staan al die manne, en kom uit hulle gate uit. As een man in die dwêng is, is almal.
Wanneer het jy laas sulke lojaliteit gesien..? Op skool het die manne jou gehelp as daar so ‘n nuwe ou meisietjie dalk sulke snaakse plukke in jou binenste wakkermaak, en dan het hulle gesorg dat sy jou nooit weer pla nie….jinne, tog.
‘n Tydlose tydverdryf was die bendes. Elke man het sy bendeboekie gehad, en daar het jy jou geheime kodes en aanvalspunte ingeskryf. Die vyand mag dit nooit gesien het nie.
Jy het die aarde verdedig teen buitenste-ruimwesens, en het sulke dodelike straalwapens gehad (jou ma se kombuiskas was nooit weer dieslefde daarna nie).
Pa het ‘n lang en hoogs speelbare terras voor in die tuin gebou, en dit het aanleiding gegee tot karretjies speel. Liewe ouers, ons het daardie dae toegang gehad tot wat ons Matchbox-karretjies genoem het, en menige laaitie het versamelings gehad wat dalk vandag geld werd kon gewees het.
Ek sal nooit al my Fordbakkies en Landrovers vergeet nie, en het visioene gehad van die groot “fô baai fô’s” wat ek eendag sal ry.
Ons het Jasper-, Uile- en Trompieboeke gelees en uitgeruil, en ma het elke week vir ons die Vonk-tydskrif gekoop. Ek sal nooit die stories soos die Gevangene van Zenda, en die verhaal van die Titanic vergeet nie. Kry mens ooit nog eksemplare van die Vonk..?
En weet jy wat..? daar was nie ‘n televisie, Cd-speler, tapes of videos in sig nie. As ons die naweek ‘n moewie wou kyk, het pa die projektor en rolle films by die fliekwinkel onder in John Meinertstraat gaan huur, en dan het ons ou James Bondflieks teen die sitkamer se muur gekyk.
Ek was ‘n matrieklaaitie toe ek vir die eerste keer ‘n Betamax-tape en ‘n televisiestel sien. VHS het later gekom. Daai ou Betamax – masjiene het byna twee man nodig gehad om hom te dra.
En selfone en rekenaars was wetenskapfiksie. Dis hoekom ons van die goeie ou dae praat.