SportSport

Twee voormalige NWU netbalsterre deel van Proteas se Statebondspele-span

Sanmarie Visser en Elmeré van der Berg sal hul merk vir die Proteas wil maak in Skotland hierdie komende maand.

Sanmarie Visser en Elmeré van der Berg is albei in die Protea Netbalspan ingesluit wat vanaf 23 Julie tot 2 Augustus aan die Statebondspele in Glasgow, Skotland gaan deelneem.

Visser en Van der Berg het albei ervaring opgebou en hul naam gemaak tydens die Varsity Netbaltoernooi vir die NWU Eagles.

Hul is daarna opgetrek na die Proteas waar hul skitterende netbal speel. Op klubvlak speel Van der Berg netbal vir die Adelaide Thunderbirds in Australië terwyl Visser in Engeland vir die NIC Leeds Rhinos speel.

Suid-Afrika is in poel A saam met Engeland, Australië, Malawië, Tonga en Noord-Ierland. Poel B sluit in Nieu-Seeland, Jamaika, Wallis, Uganda, Skotland en Trinidad.

Die SA-span is soos volg:

Khanyisa Chawane; Kamogelo Maseko; Tarle Mathe; Owethu Ngubane; Refiloe Nketsa; Karla Pretorius; Nicola Smith; Rolene Streutker; Elmere van der Berg; Jamie Golob; Karla Victor en Sanmarie Visser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button