Potchefstroom Gimnasium en Volkskool Potchefstroom se landloopatlete het die afgelope twee naweke puik uitslae behaal.
Volkies se landloopatlete het tydens die ligabyeenkoms in Potchefstroom hul goed van hul taak gekwyt met twee plekke in die top drie vir Abigail Boardman (tweede Junior Vroue) en Wian Meintjies (derde – seuns o14)
Gimmies se Melanie Mels het ‘n derde plek in die dogters 14-kategorie behaal. By die dogters 16- kategorie kry Rianca Jonker ‘n eerste plek vir haar skool. Tedrich Hattingh behaal ‘n derde plek by seuns 14.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



