SportSport

Volkies se o17 sewesspan wen skild by Lichtenburg Sewes

'n Hegte spankultuur het Volkies na 'n oorwinning in die Lichtenburg 7's-toernooi geneem.

Volkies se o17-rugbyspan is die Lichtenburg 7’s-skildwenners nadat hulle Bergsig met 17-10 die afgelope Saterdag, 29 Augustus, geklop het.

Rikus Rademeyer, Raynard de Klerk en Kyle Hattingh het Volkies se drieë gedruk. Een van die ander uitblinkers vir Volkies was Albert Odendaal, wat ’n yster op verdediging en in die vaste fasette was.

“Dit het al in die halfeindstryd begin toe ons Gimmies 19-10 wen. Van daar af het die manne regtig gebou op dit wat ons vir hulle gesê het. Die wen kan mens toeskryf aan die spankultuur onder die seuns,” vertel Volkies se rugby- en atletiekdirekteur, Nicol Degenaar.

Volkies gaan nou voorberei vir die Champion of Champions o17-sewestoernooi wat van 18 tot 19 September by die NWU sal plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button