Entertainment

‘n Onsekere verhaal oor ‘n Apokriewe hofsaak

“Die karakters in hierdie roman is so apokrief soos die in Daniël 13”.

“Die karakters in hierdie roman is so apokrief soos die in Daniël 13”.

Met die intrapslag is prof. Hans du Plessis se splinternuwe roman Tussen die klippe (Lapa Uitgewers)’n verhaal wat ’n mens verder onder oë moet kry. Hierdie is sy vierde roman wat handel oor die Groot Trek.

“Ek wou skryf oor die onvastheid van die mense net na die Groot Trek, en dat alles nog eintlik ‘n deurmekaarspul was.”

Hierdie roman word geplaas in 1852 waar Pretoria, of meer spesifiek, die Moot, vandag is. “1852 is in die middel van die eeu – net na die Groot Trek… en niks is seker nie. Hulle weet nie of hulle ‘n republiek gaan word nie, hulle weet nie wie gaan die goewerneur wees nie, so dis ‘n totale onsekerheid.”
Die roman is fiktief maar grens aan vele ander genres. “Dis ‘n roman oor die geskiedenis en ‘n roman oor die liefde, maar dis nie ‘n historiese verhaal nie en ook nie ‘n liefdesverhaal nie. Dis ‘n roman met spanning maar dis nie ‘n spanningsverhaal nie.”

In die spannings-liefde-historiese roman word die beeldskone Susanna voor die hof van landdroste en heemrade gedaag omdat sy sonde gepleeg het. Hier, in die hof tussen die klippe, kwêvoëls en olifante, word kaalvoet Susanna met haar stowwerige rok en pikswart hare beskuldig van veelmannery “en al die sondes wat daarmee gepaard gaan.”
Volgens Hans is die hofsaak gebaseer op ‘n werklike saak wat in daardie tyd afgespeel het, maar dit was van ‘n man wat aangekla was van veelwywery. Sy hoofkarakter Susanna is wel fiktief, maar ook gebaseer op ‘n vrou, ook genaamd Susanna, wat in die Apokriewe boek van Daniël 13 voorkom. “Maar my Susanna is nie so vroom soos daardie Susanna nie,” bieg hy.

“Die hele verhaal gaan daaroor om haar skuldig te bewys en die hof is sommer onder die boom tussen die klippe.”

Hans du Plessis kom self van die Moot area in Pretoria en het as kind onder die wilgebome in Silverton gespeel, daar waar die botaniese tuine nou is, en dít is waar sy roman afspeel. Hierdie roman was vir my baie lekker om te skryf omdat ek dit in die Moot kon plaas en omdat ek dit in die onsekerste tyd in ons geskiedenis kon plaas,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button