Entertainment

Paartjie sing oor fasette van die liefde

Dolf en Jana Mathee het Dinsdagaand 16 Augustus die gehoor by die NWU Konservatorium met hul optrede van gedigte oor die liefde bekoor.

Dolf en Jana Mathee het Dinsdagaand 16 Augustus die gehoor by die NWU Konservatorium met hul optrede van gedigte oor die liefde bekoor.

Dolf Mathee sing oor die goeie en slegte dele van die liefde.
Dolf Mathee sing oor die goeie en slegte dele van die liefde.

Dolf, ‘n bariton en Jana, ‘n pianis, het gedigte oorgedra van Schubert en Zemlinsky terwyl bekende aktrise Steffie le Roux tussen liedere die gedigte in Afrikaans voorgelees het sodat die gehoor die woorde agter die kuns kon verstaan en deel word van die reis deur die verskillende fases van die liefde.

Jana Mathee.
Jana Mathee.

Die liedere het gegaan oor jong liefde en volwasse liefde – oor die goeie en die slegte tye. Die emosie in die gedigte is perfek oorgedra deur Dolf, waar jy die pyn en liefde in sy gesig kon sien terwyl hy dit sing. Om die gevoel te versterk het Jana se klavierklanke Dolf se emosies nageboots.

Steffie le Roux. Foto’s: Marianke Saayman
Steffie le Roux. Foto’s: Marianke Saayman

Related Articles

Back to top button