Entertainment

Local is lekker: Majo Rademeyer

Majo Rademeyer is ʼn 20-jarige meisie met ʼn droom in haar hart en ʼn kitaar in die hand wat weet wat sy wil hê...

JP Myburg | Potchefstroom Herald

Terwyl sy op ʼn ou lessenaarstoel sit en haar storie deur haar musiek vertel, swaai haar kaalvoete op die maat van haar eie komposisie. Die hele vertrek staar verwonderd na haar terwyl haar sussie met vlak trane in die oë sit en ʼn glimlag wat spreek van trots en liefde.

Majo Rademeyer is ʼn 20-jarige meisie met ʼn droom in haar hart en ʼn kitaar in die hand wat weet wat sy wil hê.

“My liefde vir musiek is nie iets wat sommer gevestig is op enige spesifieke dag, tyd of datum nie. Ek het ʼn ou nylon Yamaha-kitaar in ons loft by die huis opgespoor en gedink, okay, dis cool – ek het hom opgetel en begin myself leer goed speel soos die Heuwels Fantasties.”

Volgens Majo het sy daarna besluit dis wat sy wil doen. “Musiek voel vir my lekkerder as wat dit klink vir my.”

Majo het vanjaar die kaap verruil vir die platteland om Geologie en Grondkunde te kom studeer by die PUK. “Potch is lekker, dit het so underground vibe wat kunste en veral musiek aanbetref en dit opwindend om te sien hoe dit groei en ontwikkel en ook sommer self deel te kan wees daarvan.” Alhoewel musiek ʼn groot passie van haar lewe uitmaak is sy versot op digkuns en die skryf van musiek. “As ek wil ontspan of ontsnap uit die werklikheid uit vind ek vreugde om skeppend te wees met woorde en lirieke en dan die kitaar op te tel en dit te kombineer.”

“My inspirasies in die musiekbedryf is beslis mense soos Aking, Fokofpolisiekar, Tracy Chapman, Eric Clapton en die lys gaan net aan en aan”.

Majo het ʼn tweeling sussie wat in die Kaap woon, Amé, wat net so musikaal is en saam haar van-tyd tot-tyd as hulle die kans kry saam optree. “Ons kom nie uit ʼn baie musikale familie nie, maar gelukkig vir ons het die talent op ʼn baie misterieuse wyse by ons twee uitegekom” lag Amé. Majo en Amé het saam opgetree by die Mystic Boer en liedjies gedoen soos Fast Car van Tracy Chapman. Majo het ʼn besige skedule gehad en opgetree by haar eie show in die klein-Cachetteater en ook opgetree by Vida Verdi en Potch Dam as onderskeidelik deel van die Aardklop taxiteater en die Aardklop kunssafari. “Die coolste ding is mense wat jou musiek sien en hoor op sosiale media en dan ʼn mini-obsessie ontwikkel en dan die moeite doen om gigs by te woon soos die tweeling Marco en Marcel Spaumer wat ook nou huishoudelike name word in die vermaaklikheidsbedryf in Suid-Afrika – dis awesome.”

“My volgende stap is om ʼn alternatiewe band bymekaar te stel en volgende jaar by Oppikoppi op te tree. Ek sal myself nie noodwendig eendag in musiek voltyds sien nie, want ek het nog altyd hierdie droom om eksplorasie te gaan doen in Afrika.

Aardklop is volgens Majo ʼn wonderlike platform en geleentheid met ʼn unieke atmosfeer wat spreek van verskeie mense en karakters. “As ek ʼn aardklop oorlewingspak moes bymekaarsit sou dit beslis bestaan ʼn verkoelboks met ys in, bier en ʼn pakkie sigarette.”

As jy haar nie kry by ʼn gig oor naweke nie is sy tien teen een in Mystics met ʼn Windoek draught spot sy en as jy met haar in kontak wil kom kan jy haar enige tyd byvoeg op instagram of facebook. “Ek accept almal, selfs die vreemde mense.”

IMG_6103 IMG_6102

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button